Die tiende plaag

Elke eersgeborene sal sterf!
Die slafin sal oor haar kind weën.
‘n Gehuil op elke Egiptiese werf.
Selfs die koning sal treur oor sy seun… (Eks 11:4-7)

Smeer bloed van die lam aan die kosyn.
Eet die vleis en ongesuurde brood.
Waar Ek bloed sien, kom geen pyn,
maar anders maak Ek die oudste dood! (Eks 12:7-13)

As herinnering moet julle Paasfees vier.
As julle kinders dit wil verstaan,
vertel hul: God het die dood gestuur,
maar ons eerstelinge oorgeslaan! (Eks 11:24-27)

Om middernag het dit gebeur:
Die eerste is dood al was hy oud of jonk!
Selfs diere is geraak daardeur.
Ja, tot die gevangenis in die tronk… (Eks 12:29-30)

Vat jul goed en trek in die woestyn.
God se wonders moes ek verstaan…
Nou is my eie seun is dood – die pyn!
Bid dat dit met my ook goed mag gaan. (Eks 12:31-32)

Elke eersteling moet jy aan My wy,
en so ook elke eerste manlike dier,
want in Egipte het Ek hom bevry.
Seuns kan jy loskoop met ‘n offerdier. (Eks 12:12-15)

Smeer Jesus se bloed aan jou kosyn,
dan gaan die dood by jou verby.
Drink tot Sy gedagtenis die wyn,
want deur Hom het jy verlossing gekry! (I Kor 11:25)

Die brood is teken van Sy liggaam.
Soos ongesuurde brood is jy vergeef.
Neem die brood en eet dit saam,
dat jy ewig by Hom kan leef! (I Kor 11:23)

Prys God, die almagtige Heer.
Wees bly en juig, gee Hom eer:
Hy het jou met fyn klere getooi
en na die bruilofsmaal van die Lam genooi! (Op 19:6-9)