Saam ontplooi vyf Amoritiese konings
teen die Gibeonitiese wonings. (Jos 10:1-5)
Josua trek op om saam met sy bondgenoot te veg.
Dis deel van God se plan, Hy sien dit as reg:
Moenie vrees nie, Ek gee hulle in jou hand,
nie een van hulle is teen jou bestand. (Jos 10:6-8).
Die Here het paniek onder die volk gesaai
en Israel het hulle agtervolg en afgemaai.
Die Here het haelstene op hulle laat val
en daardeur sterf duisende in getal. (Jos 10:10-11).
Op daardie dag het God die son sil laat staan,
sodat Israel al vyf stede kon verslaan.
Die son het in die hemel bly sloer,
want die Here het vir Israel oorlog gevoer. (Jos 10:12-14).
Al die volke het mekaar aangepor
Koning Jabin van Hasor,
ook van Madon en Aksaf,
die van noordelike Bergland af,
dié in die Jordaanvallei
en in Gennesaret versprei,
die Laeveld se beste
en van Dor in die weste,
die Kanaäniete,
die Amoriete,
die Hetiete,
die Feresiete,
die Jebusiete
en die Hewiete.
Hulle het almal gekom met hulle leër,
‘n groot menigte om Josua te keer.
so baie soos die sand van die see,
met perde en strydwaens daarmee. (Jos 10:1-4)
Die Here het vir Josua gesê: Luister na My.
Moenie bang wees nie – Ek sal jou bevry,
hulle sal sneuwel. Met My aan jou kant
jy moet die strydwaens verbrand. (Jos 10:6)
Ook aan die oorkant die Jordaan,
het Josua die vyand verslaan:
Een en dertig konings in getal
het voor sy aanslag geval (Jos 11:1,24).
Die Here het destyds opdragte met Moses gedeel
en Josua het presies gedoen soos toe beveel. (Jos 10:15)
Hy was deurentyd van God se opdragte bewus
en na die inname kon die land toe rus (Jos 10:23).
Ook jý kan vandag hierin lees
dat jou land die paradys sal wees. (Luk 23:43).
God het wéér saam geveg
in die stryd tussen goed en sleg:
In die middel van die dag
was daar drie ure nag.
Die voorhangsel het geskeur
en dit word vir jou die deur.
Vader, in U hande gee Ek my gees
sodat My kinders by U kan wees. (Luk 23:44-46).
Leave a Reply