Samaritane het as bastervolk bekend gestaan
daarom het Jode het gewoonlik om Samaria gegaan,
maar Jesus het juis daar by ‘n fontein gaan rus:
“Gee My ‘n bietjie water om my dors te blus.” (Joh 4:1-7)
“Hoe vra jy, wat ‘n Jood is, vir my,
‘n Samaritaanse vrou, om water te kry?” (Joh 4:9)
“As jy geweet het wat se water God gee,
en wie nou hier met jou praat,
sou jy eerder vir my wou vra
om vir jou lewende water aan te dra…” (John4:10)
” ‘n Skepding het jy nie –
waar gaan jy water kry?
En U is ook nie magtiger as Jakob nie –
ons het die put dan by hom gekry?” (Joh 4:11-12)
“Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry,
maar wie van My water drink word vir ewig van dors bevry.
Dit bring ‘n fontein in hom mee
wat vir hom die ewige lewe gee.” (Joh 4:13-14)
“Kan ek van daardie water kry,
dan is ek van waterdra bevry?
“Gaan roep jou man en kom hierheen.”
Sy het geantwoord: “Ek het nie een.” (Joh 1:15-17)
“Jy het die waarheid gepraat:
Jy het reeds vyf gehad
en die huidige is nie jou man, Ek weet.”
“Meneer, ek sien u is ‘n profeet!” (Joh 1:17-19)
“Ons voorouers het op dié berg aanbid
en tog stap julle na Jerusalem vir dit?”
“Daar kom ‘n tyd waar plek nie tel en dit is nou,
waar mense in Gees en waarheid erediens sal hou.” (Joh 4:20-24)
“Ek weet die Messias kom,
dié dinge sal kom van Hom.”
“Dit is Ek, Ek wat met jou praat!”
Getuig in die dorp was haar eerste daad… (Joh 4:25-29)
Die dissipels: “Rabbi, U moet ‘n stukkie eet.”
“Ek het voedsel waarvan julle nie weet.”
Was daar iemand anders met kos intussen hier?
“My voedsel is die wil van Hom wat my stuur.” (Joh 4:31-34)
Kyk hoe ryp is die lande daar,
gereed om die oes te vergaar.
Wees saam bly: Julle het nie gesaai,
maar Ek stuur julle om te maai. (Joh 4:35-38)
Baie Samaritane het in geloof gejuig
oor wat die vrou oor Hom getuig.
Hulle het toe self gaan luister na Sy woord:
“Dis waarlik die Verlosser!”, was hul akkoord. (Joh 4:39-42)