Veertig jaar terug
het die Israeliete uit Egipte gevlug.
God het die Rietsee oopgekloof
en die volk het Sy almag geloof. (Eks 14:21-22)
Veertig jaar later
staan hulle voor die Jordaan se water…
Die rivier het op een hoop gaan staan
en die volk het God se almag verstaan. (Jos 3:7,13)
Stapel twaalf klippe opmekaar
sodat julle vir julle kinders kan verklaar:
God het ons deur die Jordaan laat gaan
sodat al die volke Sy almag kan verstaan. (Jos 4:20-24)
Die volk het die verbondsteken gekry
en al die manne is besny.
“Vandag het Ek julle smaad uitgewus
wat van Egipte se tyd af op julle rus.” (Jos 5:5-7).
Die volk het daar Paasfees gevier
en presies op daardie uur,
toe hulle kos in die land kon kry,
het die manna weggebly. (Jos 5:11-12)
Lyk die rivier se water voor jou te hoog?
God maak dit vir jou deurgaan droog.
Aan die ander kant
is die beloofde land!
Jou sonde is weggewas
toe jy by die doopfont was.
Christus het die weg oopgekloof:
Jy moet nou God se almag loof! (I Kor 10:1-4)
Die smaad wat op jou rus,
het Hy op die kruis uitgewis.
Die brood en wyn
herinner jou aan Sy pyn. (I Kor 10:16-17)
Die klippe wat jy so swaar dra
is sodat die mense jou moet vra.
Deur jóú moet hulle God se almag verstaan
sodat hulle ook deur die rivier kan gaan… (I Kor 10:33)