Voor God en Christus Jesus wil ek jou beveel,
want Hy is die een wat kom om te kom oordeel: (II Tim 4:1)
Verkondig die Woord!
Gaan daarmee voort
tydig
en ontydig. (II Tim 4:2)
Weerlê, bestraf en bemoedig
met geduldige onderrig,
want ‘n tyd kom weldra
dat mense die gesonde leer nie gaan verdra… (II Tim 4:2)
Hulle volg net wat hulle self begeer
en kry leerders wat preek wat hul wil hoor.
Die waarheid sal julle verloor:
Hulle eie verdigsels is hul leer. (II Tim 4:3)
Maar jy moet nugter bly,
verdra dit as jy ly.
Versprei die evangelie wyd:
Voer die pligte van jou bediening uit. (II Tim 4:5)
Ek word as drankoffer meegesleur,
die tyd van my dood is voor die deur.
Deur die wenstreep is ek nou:
Ek het gelowig end-uit volgehou! (II Tim 4:6-7)
Vir my wag daar ‘n oorwinnaarskroon:
Om vir ewig by God te kan woon!
Hy sal dit vir my gee as Hy weer kom,
maar ook vir almal wat glo in Hom! (II Tim 4:8)
Voorheen het ek gesê jy moet in Efese bly, (I Tim 1:3)
maar kom nou dringend na my.
Demas het die teenswoordige wêreld liefgekry –
net Lukas is by my.
Kressens is na Galasië
en Titus na Dalmasië. (II Tim 4:8-11)
Vir die evangelie moet jy jou nie skaam: (II Tim 1:8)
Bring die reismantel saam:
Elia het sy mantel aan Elisa gegee, ( I Kon 19:19)
ek wil jou uitstuur daarmee. (II Tim 4:13)
Bring Markus saam met jou,
hy is in die diens getrou.
Sit veral die perkamente in jou sak
en die boeke moet jy ook inpak. (II Tim 4:11-13)
Aleksander se dade aan my was vol kwaad.
In die hof het almal my in die steek gelaat,
maar die Here se krag het my laat bly staan
en die heidene daar kon ook Sy Woord verstaan! (II Tim 4:14-17)
In die leeu se bek sal ek Sy redding besing,
want Hy sal my behoue in Sy koninkryk bring.
Hy is tot in alle ewigheid die Heer:
Aan Hom kom toe alle eer! (II Tim 4:17-18)
Jy moet vir almal groete stuur.
Kom nog voor die winter hier.
Die Here is by jou gees, (1953)
Sy genade sal ook by jou wees. (II Tim 4:19-22)