Die Oergeskiedenis

God het alles in ses dae gemaak:
deur Sy stem, die skeppingstaak. (Gen 1,2)
     Adam en Eva het van die boom geëet
     en straf word vir die mensdom afgemeet. (Gen 3).
          Buite die paradys word nuut begin
          ‘n geslagsregister lei die tydperk in. (Gen 4,5).
                Die mens se verval was nie goed,
                daarom straf God met ‘n vloed. (Gen 6).
          Daar is weer nuut begin
          deur Noag en sy gesin. (Gen 8-10).
     Hul dink die toring kan die hemel haal,
     maar God straf hul en verwar hul taal. (Gen 11:1-9).
Met Abraham het God weer nuut begin,
dit lei die oorsprong van die volk Israel in. (Gen 12 en verder).

God het jou ook gemaak
met ‘n spesefieke taak.
     Jou verval is glad nie goed:
     Jy gaan nog daarvoor boet…
Deur Christus se kruis is jy vergeef.
Deur hierdie begin kan jy nou leef!

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading