Ons het ‘n volmaate Hoëpriester, dis ‘n feit:
Hy sit aan die regterhand van die Majesteit. (Heb 8:1).
Die aardse priesters bedien ‘n skadubeeld van wat sou kom
en bring offers in ‘n afbeeldling van die hemelse heiligdom. (Heb 8:3).
Die ware verbondstent is opgerig deur Hom.
Ja, Hy is die Bedienaar van dié heiligdom. (Heb 8:2).
Die voorvaders was deel van ‘n verbond
met die beloftes van ‘n nageslag en grond. (Gen 12:2-3, Heb 8:10)
Hy is die Middelaar van ‘n beter verbond
en dit is op uitnemender beloftes gegrond. (Heb 8:6).
Die nuwe verbond sal beter wees:
Dit beloof die inwoning van die Gees.
Sy volk se sondes dan vergete en vergeef
en hulle sal met kennis van God vir Hom leef. (Jer 31:31-34).
Hierdie beker is die nuwe verbond beseël deur my bloed
wat vir julle vergiet word om vir julle sonde te boet. (Luk 22:20).
Gebruik dit elke keer as julle daaruit drink
tot my gedagtenis om oor julle vergifnis te dink. (I Kor 11:25).
Ek sal hulle God wees
en in hulle harte kry hul die Gees.
Hulle moet my volk wees
en hulle moet My ken en vrees. (Heb 8:8-10).
Skielik het uit die hemel ‘n stormwind gebrul,
hulle het vuur gesien wat in tonge verdeel.
Almal is met die Heilige Gees vervul
en het in ander tale die evangelie gedeel. (Hand 2:2-4).
Aan sy verbond het ek ook deel
dit is met my doop so beseël.
My sonde is daarom vergeef
en ek het die Gees wat in my leef!
Alles is nou waardeloos hier op aarde,
want om Jesus te ken oortref alles in waarde.
Om Jesus Christus as bate te kan verky
is meer belangrik as enige iets vir my. (Fil 3:7-8).