Ek beskou my bates as waardeloos op aarde.
Om Christus te ken oortref alles in waarde.
Ek los alles om Christus as bate te kry:
Deur in Hom te glo, spreek Hy my vry! (Fil 3:7-9).
My wens is om Christus te ken as kind,
die krag van sy opstanding te ondervind.
Ek stel my gewillig aan Sy lyding bloot
en deel aan die opstanding uit die dood! (Fil 3:10-11).
Ek maak my los van agter se verloor,
en strek my uit na die wenstreep voor,
sodat ek die hemels prys kan behaal,
waartoe God my geroep het en kom haal! (Fil 3:13-14)