Die lewende offer

Moenie aan die sondige wêreld gelyk raak,
maar laat God julle denke nuut maak.
So kan jy onderskei wat is God se wil in jou taak,
wat is vir Hom goed, aanneemlik en volmaak. (Rom 12:1-2)

Moenie dink jy kan op jou eie –
wees in jou geloof beskeie.
Elke lid in die liggaam is daar
met take verskillend van mekaar. (Rom 12:3-5)

Party profeteer.
Ander kan leer.
Party bemoedig.
Ander help blymoedig. (Rom 12:4-8)

Maak seker jou liefde is opreg.
Doen goed, verafsku die sleg.
Wees altyd toegewy
en in jou hoop verbly. (Rom 12:9-12)

Staan vas in verdrukking en swaarkry.
Jy moet volhardend in jou gebed bly.
Help medegelowiges in hul stryd.
Lê jou toe op gasvryheid. (Rom 12:12-13)

Jy moet jou vervolgers seën
en die treurendes ondersteun.
Jy moet jou by nederiges skaar
en eensgesind wees onder mekaar. (Rom 12:14-16)

Moenie kwaad vir kwaad vergeld,
laat jou goedgesindheid geld.
Leef in vrede met alle mense,
vergeet jou vergeldingswense.

Jy moet aan jou vyand in sy honger dink,
in sy dors moet jy hom iets gee om te drink.
Moenie dat die kwaad jou wen
doen dit deur die goeie te ken. (Rom 12:17-21)

Hoekom moet jy as lewende en helige offer leef?
In God se ontferming is jy van sonde vergeef!
Met jou Christelike gedrag
bedank jy Hom elke dag! (Rom 12:1-2)