Esegiël is weggevoer om te vertolk
God se wonderlike plan vir Sy volk.
Op die dag om Pasga voor te berei
het hy hierdie visioen gekry. (Eseg 40 :1-4)
In my vorige visioen was God se daad
om die tempel, Sy woning, te verlaat… (Eseg 11:23).
By die oospoort van die tempel val ek neer,
dit was gevul met die teenwoordigheid van die Heer! (Eseg 43:5)
Mens, hierdie is die plek van My troon,
waar Ek tussen My mense woon,
maar moenie weer naby My tempel bou
en julle moet julle van afgode weerhou. (Eseg 43:6-9)
By die tempeldrumpel se oostekant
het water gesyfer uit die sand.
Vyfonderd meter weg was dit enkeldiep.
Nog vyfhonderd meter verder kniediep.
Nog vyfhonderd verder was dit by my heup.
Vyfhonderd verder en dit het my weggesleep. (Eseg 47:1-5)
Die water het alles laat lewe:
Die Dooie see het van vis gebewe!
Vissers sal daar nette droog maak,
die blare sal mense gesond maak. (Eseg 47:6-12)
Elke maand sal die vrugtebome bot,
want die water se oorsprong is van God. (Eseg 47:12)
In Openbaring sien ons die beeld weer,
wat moet hierdie visioen ons leer? (Op 22:1-2)
Ons kan meer hieroor lees
as Jesus leer by die huttefees:
Elkeen wat gewone water drink
sal weer vir sy dors moet skink,
maar die water wat Ek hom gee
bring borrelend die ewige lewe mee. (Joh 4:13-14)
Jesus sê verder: As jy dors het kom na Hom,
stromende water sal uit jou binneste kom!
Hiermee het hy verwys na die Gees,
want as jy glo sal Hy binne jou wees! (Joh 7:37-39)
Na die uitsorting van die Gees
was dit presies so gewees.
Die evangelie het meer en meer versprei
en oral het mense die ewige lewe verkry.
Die visioen eindig waar Esegiël ‘n stad gewaar.
Die naam daarvan: Die Here is daar!
Die ballinge, gebroke en broos
ontvang so ‘n ongelooflike troos…
Maar jy moet nog verder lees:
Jy sélf is die tempel van die Gees.
Jy is gekoop en die prys is betaal (I Kor 6:19)
God sal jou beslis kom haal!
Laat die lewende water uit jou loop
sodat meer en meer hul daarin doop.
Ja, Hy sal ons God wees
en ons sal Sy volk wees.
God se woonplek is by die mens –
vir wat meer kan jy wens? (Op 21:3).