“Die tien horings wat jy gesien het, is tien konings. Hulle het nog nie die koningskap gekry nie, maar hulle kry saam met die dier een uur lank gesag as konings. 13 Hulle het een en dieselfde doel voor oë, en hulle stel hulle mag en gesag tot die dier se beskikking. 14 Hulle sal teen die Lam oorlog voer, maar die Lam en saam met Hom dié wat geroep en uitverkies en getrou is, sal hulle oorwin, omdat Hy die Here van die heersers en die Koning van die konings is.” (Op 17:12-14)
Ek bid tot U, o alwetende Heer,
om van die tien konings in Openbaring te leer…
Die dansers was daar
en het vooraf verklaar:
Die een gaan vooraf lei,
die ander gaan sy skaduwee bly.
Nog nooit is daar so dans gesien:
Een wat eenvoudig lei en nie ‘n tweede kyk verdien,
maar agterna sewe skaduwees van draaiende prag.
Veelkleurig, blou, wit en wolke van smarag…
My emosie is daarin meegesleur
soms voel ek die musiek se seer,
dan versnel die kleure in hul prag
en begin ek van binne lag.
Langs my glimlag my pa tevrede,
want ek word meegesleur met rede.
Ander kyk half verbaas,
want in hulle haas
kon hulle nie die skadus sien.
Vir hulle het die dans nie applous verdien…
Vir ‘n omblik wou die gesig verwyn
“Asseblief nog!”, roep ek in pyn.
Dan sien ek twee groot hande tussendeur:
Die tien vingers het die draaie beheer.
“O God, hoe lank hou die dans nog aan?”
“Dis die laaste dans moet jy verstaan!”
Toe die dansers voor die beoordeelaars gaan staan,
Vra ek: “Here ek moét die boodskap verstaan!”
Dit was die tien vingers van die Heer
wat die tien bose konings beheer:
Daar is ‘n oorlog aan die woed,
maar terselfdertyd ‘n dans so soet…
Jesus het die dans gelei:
Op aarde het Hy nie aansien gekry,
maar tot Hy weer kom,
sal die dans van die Gees verstom!
Trek die volle wapenrusting aan
sodat jy in dansend in die stryd ingaan.
Dié sewe kleure van die dans,
sal jou teen die oorlog skans: (Ef 6:11-13)
Die waarheid as gordel om jou lyf vas.
Vryspraak deur God as bors harnas.
Verkondig die evangelie dat God versoen
Ja, Sy vredesboodskap is jou skoen.
Met geloof as skild in die hand
keer jy die bose pyle aan elke kant.
Sit verlossing as helm op
dit hou twyfel uit die kop…
Vat die swaard van die Gees
dit is om baie Bybel te lees! (Ef 6:14-17)
As die Gees jou so vul,
het jy van die oorlog geen benul.
Jy gebruik elke kans
en deel die laaste dans.
Jy voel ander se seer
en draai dit na vreugde weer.
Jou Vader kyk tevrede neer,
want dit gaan oor Sy eer!
Laat die tien konings maar veg,
maar verkondig jy die Weg.
Daar is nog mense wat dit nie sien
en al het hulle dit dalk nie verdien,
moet jy hulle gaan soek:
Wie weet hulle name is dalk in My Boek!
Hoe lank nog, hoef jy nie te verstaan,
maar weet die tyd stap aan:
Jy het nou nog ‘n kans,
maar hierdie is die laaste dans!
Dan gaan jy voor die Beoordeelaars staan
en jou lot vir die ewigheid verstaan.
Ek, jou Vader is in beheer:
Gee My daarom die eer.
Dis wat Ek jou wou leer,
gaan skryf dit nou neer.