Die krokodil

God:
Het jy my dienaar Job raak gesien? (Job 1:8)
Daar is niemand wat my só opreg dien.
Satan:
U beskerm hom en maak hom ryk
Hy sal U vervloek as dit van hom wyk. (Job 1:11)

Job en sy vriende het pratend gesoek
na die oorsaak uit elke moontlike hoek. (Job 3-37)
Daarna het God uit die stormwind
begin praat met Job, sy kind: (Job 38-41)

Hy het eers vir Job sy onmag gewys
deur al Sy skeppingswonders te lys.
Daarin kon hy die soewereine God gewaar
wat alles instandhou en bewaar. (Job 38)

Die mens was geskep om God te eer
en om oor al die diere te regeer. (Gen 1:26)
Met verdere vrae oor die diereryk
wys God hoe ver het die mens afgewyk. (Job 39)

Wil jy My nou skuldig verklaar
omdat dit met jou swaar gaan daar?
Het jy die vrysprekende mag?
Kom ek vertel jou van My krag: (Job 40:1-4)

Kyk die seekoei: Ek het hom gemaak.
Sy boudspiere is in mekaar gevleg
Sy bene met brons en yster geheg.
Net sy Maker kan aan hom raak. (Job 40:10-19)

Met die woorde het God die tweede gesprek ingelei,
om amper twee hoofstukke aan ‘n krokodil te wei.
Mens moet jou self dan vra
hoekom die krokodil so baie gewig moet dra?

Kan jy ‘n krokodil met ‘n hoek vang?
Maak ‘n tou in sy bek hom bang?
Sal hy jou soebat en mooipraat?
Sal hy inval vir jou slawedaad?
Pak hom met die hande, nooi ek jou
Jy gaan verseker die geveg onthou! (Job 40:20-27)

Wat kan sy boonste panster oplig?
Wie open die deure van sy gesig?
Wie dring deur sy dubbele gebit?
‘n Verkrikking is sy tande, so wit… (Job 41:4, 1953)