Die fondamente (II Tim 2)

Wees sterk deur Jesus se genade.
Wat jy my hoor getuig het oor ons Heer,
moet jy aan betroubare manne leer.
Dra jou deel in ontberings se kwade,
soos ‘n goeie aktiewe soldaat,
wat Christus Jesus tevrede laat. (II Tim 2:1-3)

‘n Atleet kan net in die prys deel,
as hy deelneem volgens die reël.
Die boer, wie se hande deur harde werk gebrei,
behoort eerste ‘n deel van die oes te kry. (II Tim 2:4-6)

Dink na en mediteer oor wat hier staan
die Here sal jou insig gee om alles te verstaan.
Om aan dié opdragte vas te hou,
moet jy die fondamente onthou: (II Tim 2:7)

Fondament 1:
In jou vrees vir dood moet jy verstaan:
Jesus Christus het uit die dood opgestaan.
Hy is ‘n nakomeling van Dawid,
die Messias wat op die troon sit. (II Tim 2:8, Luk 1:31-33)

Fondament 2
Al is ek in boeie gebind,
kan die wêreld nie vind,
‘n manier om die Woord te bind.
Selfs gevangenis word God’s kind! (II Tim 2:9, Fil 1:12-14)

Fondament 3:
Ek verdra al hierdie vervolging en swaar
om aan God se uitverkorenes (Ef 1:4) te verklaar:
Hulle moet hulle in die verlossing in Christus Jesus verbly
Om so die ewige heerlikheid te kan verkry. (II Tim 2:10)

Fondament 4:
As ons saam met Hom die graf in begewe,
sal ons ook saam met Hom lewe!
As ons volhard in die geloof in ons Heer,
sal ons saam met Hom regeer!
En is ons ontrou?
Hy is getrou!
Jy kan op Hom vertrou
en aan sy Woord vashou! (II Tim 2:11-13)

Voor ek die laaste fondament gee,
wil ek jou eers hierdie opdrag gee:

Hou aan die gelowiges die dinge herinner,
jy moet die gestry oor woorde verhinder.
Jy moet jou tot beskikking van God stel
om die Woord van waarheid suiwer te vertel.
Jy moet de onheilige en sinloses praatjies vermy:
Dit sal soos kanker in jou gemeente versprei… (II Tim 2:14-18)

Voor jy oor al die dinge moedeloos raak,
hou vas aan die laaste fondament vir jou taak:

Fondament 5:
God het die hegte fondament gelê
met gegraveerde woorde wat sê:
Die Here ken die wat aan Hom behoort
Glo jy Sy Woord?
Bely jy dit as feit?
Breek dan weg van ongeregtigheid!

Ek het jou hierdie fondament gewys,
bou dan nou daarop My huis:

Een: Jesus Christus, Dawid se Seun,
heers oor die hele wêreld heen.
Twee: Predikers mag gebonde wees,
God se Woord sal nooit gebonde wees!
Drie: Mense is gekies deur God ons Heer,
jy is die instrument om hul te bring na Sy eer.
Vier: Jy kan altyd op God vertrou,
want Hy bly altyd getrou.
Vyf: Dat God weet jy is syne is ‘n feit –
breek dan weg van ongeregtigheid!


Posted

in

by

Tags:

Comments

Leave a Reply