Die ewige verbond

Kom, almal wat dors is,
kom na die water vir rus.
Sonder geld kan jy weet:
kom, koop, ja kom eet.
Jy kan sonder om te betaal
jou wyn en melk kom haal.

Waarom betaal julle julle dood:
Wat julle verdien is nie brood?
Waarom werk julle vir iets wat nie versadig?
Luister aandagtig dat Ek jul begenadig.

Gee aandag en kom na My,
luister, en julle sal die lewe kry.
Ek wil met julle ‘n ewige verbond sluit,
Ek stort my troue liefde aan julle uit.

Vra dringend na die wil van die Heer
terwyl Hy nog te vinde is: Bekeer!
Terwyl Hy nog naby is, roep Hom aan.
Jy moet die verkeerde pad laat staan.

Jy moet jou tot die Here bekeer,
Hy is genadig weer en weer.
Jy moet jou tot God bekeer,
Hy vergewe altyd weer.

My gedagtes is nie julle sin,
julle denke kan nie eers begin!
Soos die hemel hoër is as die aarde,
so is my optrede van hoër waarde.

Die reën en die sneeu kom van bo
en deurweek die grond en aarde so:
Dit laat die plante bot en vrugte dra,
sodat niemand vir kos hoef te vra.

Netso is die woorde wat My mond leer
iets wat nie onverrigter sake kan terugkeer.
Dit dra vrugte wat pas by bekeer –
dis ‘n blywende teken tot My eer! (Jes 55)