Van Paulus, wat Jesus sy Verlosser loof,
aan Timoteus, my eie kind in die geloof .
Genade, barmhartigheid en vrede
van God die Vader en Christus Jesus, die rede. (I Tim 1:1-2)
Daar is mense wat vals leerstellings versprei,
daarom wil ek hĂȘ dat jy daar moet bly.
Hulle bring net onnodige twis gesprekke mee
eerder as vorming wat God deur geloof gee. (I Tim 1:3-4)
Hierdie opdrag van my se doel
is dat ware liefde oor sal spoel.
So word deur ‘n rein hart en goeie gewete
en ‘n opregte geloof, die sinlose stryd vergete. (I Tim 1:5-6)
Hierdie mense is leermeesters van die wet,
maar vergeet dat dit liefde ten doel het! (I Tim 1:7)
Ons weet die wet is goed en puik
maar net as ons dit “wettig” gebruik:
Dis nie vir die wetsgehoorame gegee,
maar mens meet goddeloosheid daarmee. (I Tim 1:8-10)
Die gesonde leer is nie die hou van die gebod,
maar die evangelie van die heerlikheid van God. (I Tim 1:11)
Ons wat die blye boodskap van Christus het,
vir ons is liefde die vervulling van die wet. (I Tim 1:5,1953; Rom 13:10).
Regverdigmaking (vryspraak) deur geloof alleen,
Heiligmaking deur die Gees se werk heen,
lei tot ‘n lewe volgens die liefdesgebod.
Ja, dis die evangelie van die heerlikheid van God!
Ek was die grootste sondaar, weet jul mos,
maar Jesus het gekom om sonde te verlos.
Sien sy verdraagsaamheid en genade vir my
en weet deur geloof kan jy ook die ewige lewe kry! (I Tim 1:15-16)
Aan Hom wat die ewige Koning is,
wat onverganklik in Sy woning is,
kom toe die eer en heerlikheid,
tot in alle ewigheid! (I Tim 1:17)