Die erediens

In die tabernakel was daar ‘n kandelaar:
Dit het gesimboliseer God was daar. (Heb 9:2; Op 1:12-13,20)
Die tafel met offerbrode het verklaar
die volk is vir Sy sorg dankbaar. (Eks 25:23,30; Lev 24:8-9)

Die Allerheiligste was toe met ‘n gordyn. (Heb 6:19; Heb 9:3; Heb 10:20)
Net die Hoëpriester kon voor God verskyn. (Heb 9:8).
Die gerubs het die heilige ark daar bewaar. (Heb 9:5, Eks 25:22).
Met bloed moes hul hul sonde verklaar. (Heb 9:10).

Maar Christus het as Hoëpriester gekom,
Hy dien in die hemelse heiligdom. (Heb 9:11-12)
Met Sy eie bloed is ewige verlossing verkry (Heb 9:12)
en dit maak my en jou se gewete vry! (Heb 9:14)

Vir die nuwe verbond moes Jesus sterf,
sodat ons uit sy testament kon erf. (Heb 9:16-17)
Hy stel die verbond in met Sy bloed
en het so vir ons oortreding geboet. (Heb 9:19-22)

Jesus se pyniging,
lei tot my reiniging!
Hy het in die hemel self ingegaan
en daar vir my voor God gestaan. (Heb 9:23-24).

Die voorhangsel het geskeur:
Ek kan nou vrylik daardeur (Heb 10:19-20)
vir die wonderlik rede
om met God te praat in gebede.

Jesus was ‘n eerste keer hier
om die sonde te kom kuur. (Kol 1:19-20)
Die tweede keer kom Hy met verlossingskrag
vir die wat Hom bly verwag. (Heb 9:25-28)

Die ou erediens word dan vervang
met miljoene engele in sang.
In die stad van die lewende God eer ons Hom
dat ons vir ewig feestelik daar saam kan kom. (Heb 12:22-23).


Posted

in

by

Tags:

Comments

Leave a Reply