Die Dokters voorskrif

Laat jou dokter stem hoor
soos ‘n ramshoringskoor.
Wys my volk hoe hulle oortree,
jy moet hulle ‘n lys van hul siektes gee: (Jes 58:1)

Na My wil vra hulle elke dag
asof hulle wil weet wat Ek verwag.
Hulle gee die heeltyd voor
dat hulle doen wat hulle hoor.
Hulle vra My om oor sake te beslis,
maar vir My teenwoordigheid is hul nie lus. (Jes 58:2)

“Voor Ek jou ‘n voorskrif gee,
deel my jou simptome mee.”
“Ons vas dan, so ons kan nie verstaan
hoekom hoor God nie en gee aandag daaraan?” (Jes 58:3)

Op die vasdag doen julle wat julle wil
en word julle werkers met ekstra werk verkul.
Julle vasdae word ‘n rusie en baklei,
verwag julle om so antwoord op gebede te kry? (Jes 58:3-4)

Hier is My dokters voorskrif vir jou
só lyk die vas waarvan Ek hou: (Jes 58:5)
Die eerste voorkrif wat jy kry,
is om ander te leer van My:

Die beginpunt om jou eie hart weer te verbly,
is om die juk van ander se skouers af te kry: (Jes 58:6-7)
Julle moet hulle van My sagte juk leer –
hulle vreugde sal na jou toe terugkeer. (Mat 11:29)

Die tweede voorkrif wat Ek gee,
is dat jy jou oorvloed weg moet gee:
Om brood aan hongeres te voorsien,
blyplek aan die wat nie genoeg verdien. (Jes 58:6-7)

Klere vir die wat nie klere het nie,
‘n hart van omgee en simpatie.
Om niemand meer te verdruk,
maar wees in hul nood self ‘n kruk. (Jes 58:9-10)

Die derde voorskrif is vir die oggend vroeg,
ook in die dag, kry daarvan genoeg:
Deur verhorende gebed sal Ek begenadig.
As jy bid sal Ek jou versterk en jou siel versadig.
Die Gees sal stromende water in jou opwel
en deur jou sal Ek die stad en mense ook herstel. (Jes 58:9, 11-12)

Die vierde voorskrif wil jou leer:
Hou weer Sondag tot My eer.
Bly weg van jou gewone deugde,
maak dié dag weer jou vreugde.

Hou op met handel dryf vir ‘n slag
en respekteer dit as ‘n heilige dag.
Dan sal jy weer in My vreugde vind
en so sal Ek jou herstel, My kind (Jes 58:13-14)

Deur jou donker breek die lig se rooidag:
Ek sal jou herstel en gee jou weer My krag.
Ek sal nou voor jou uitgaan
en kom ook agter jou aan.

Soos wat jy My herstel beloftes kry –
Onthou: Gesond word kan jy nie verdien.
Laat almal jou nuwe gesindheid sien:
Vir alles gee jy nou die eer aan My. (Jes 58:8)