Die dag van die Here.

Hoe julle geloof en volharding nou lyk,
onder al die vervolging wat julle moet verduur,
is alles ‘n bewys van God se oordeelsuur,
Ja, Hy het julle geskik geag het vir sy koninkryk. (II Tes 1:4-5)

Nee, die dag van die Here is nog nie hier:
Die wettelose mens moet eers verskyn.
Hy is bestem vir die verderf en pyn,
maar hy sal voorgee hy is van God gestuur. (II Tes 2:1-4)

Maar wanneer die Here Jesus kom,
verdelg Hy hom met ‘n asemteug.
Net sy glans sal hom wegveeg! (II Tes 2:8)
Elke mond sal dan verstom. (Hand 13:41)

Die wettelose mens: ‘n magsvertoon. (II Tes 2:9)
Hy mislei die ongelowiges daarmee. (II Tes 2:10)
God het hulle aan die dwaling oorgegee, (II Tes 2:11)
Sy oordeel is daarom hulle loon. (II Tes 2:12)

Die Here se liefde werk nou so:
Julle uitverkiesing is die groot wonder,
julle is deur die Gees vir Hom afgesonder
deurdat julle die waarheid glo. (II Tes 2:13)