Jou Hoëpriester is hieraan getrou:
Sy taak is om vir jou ’n brug te bou.
Oor die brug bring Hy God na jou (Heb 4:14-16).
Hy neem jou daaroor na God – vertrou! (Heb 5:4-10).
Kom terug
na die brug!
Oor die brug bring Hy God na jou (Heb 4:14-16).
Het jy al die boodskap verstaan?
Hy het op aarde vir jou gely
en het reeds deur die hemele gegaan
so, hou vas aan die geloof wat jy bely (Heb 4:14).
Ons Hoëpriester sal ons swakhede verstaan,
want Hy het self in versoeking gestaan.
Kom ons gaan met vrymoedigheid na die genadetroon,
en word daar met barmhartigheid en genade gekroon. (Heb 4:15-16).
Hy neem jou daaroor na God – vertrou! (Heb 5:4-10).
Jesus is ons Hoëpriester wat God geroep het. (Heb 5:4-7).
Op aarde was Sy offers smekinge en gebed.
Sy gebede is verhoor vanwee sy onderworpenheid.
Deur Sy lyding het hy geleer van gehoorsaamheid (Heb 5:8).
Sy eindpunt op aarde was volmaaktheid
en daarom is Hy die bron van saligheid. (Heb 5:9).
Hy is eenmaal geoffer om baie sonde weg te neem.
As Hy weer verskyn, verlos Hy jou van jou pyn! (Heb 9:28).
Kom terug na die brug
God het na jou toe oor die brug gekom,
Glo jy regtig in Hom?
Hy het jou gereinig om saam terug te gaan,
Stap jy al aan?