Die bos brand

Daar op die berg se rand
het die bos bly brand…

“Trek uit jou skoene – dis gewyde grond!
Ek is wat Ek is – die God van die verbond. (Ek 3:5-6)
Ek het gehoor en gesien hoe my volk ly,
daarom het Ek afgekom om hulle te bevry.” (Eks 3:7-8)

“O God, ek het ‘n vraag:
Wie is ék dat ek dit by Farao kan waag?”
“Wees nie bevrees:
Ek sal by jou wees.” (Eks 3:11-12)

“Die volk gaan my vra
Wat is die Naam wat U dra?”
“Ek is wat Ek is:
die Verbondsgod – gewis! (Eks 3:14-15)

Gaan sê: Die Here het aan my verskyn.
Hy hoor en sien julle pyn.
Hy gaan julle hier kom haal
na die land wat die belofte bepaal. (Ek 3:17)

Die koning gaan julle nie wil laat gaan,
maar deur God se wonders sal hy verstaan.
As God julle in die woestyn vergaar,
bring vir Hom ‘n dankoffer daar.” (Eks 3:19-20)

Oppad wou die Here Moses doodmaak,
maar sy vrou het hom met bloed aangeraak.
Daarna het sy uitgeroep: Bloedbruidegom!
Deur bloed sal daar vir jou ook beskerming kom: (Eks 4:23-24, 1983 en 1953)

God het vooraf bestem om jou te besprinkel met bloed: (I Pet 1:2)
Jesus het jou gereinig want Hy het vir jou sonde geboet. (I Joh 1:7)
Daardeur het jy nou vrye toegang tot die heiligdom! (Heb 10:19)
Gaan nou, soos Moses, en vertel Sy volk van Hom!

Daar op die berg se rand
is die bos aan die brand…
God het jou reeds opgelei –
Is jy besig om Sy roeping te vermy?


Posted

in

by

Tags:

Comments

Leave a Reply