Die Boom van die lewe

Vir die vrou het God gesê:
Jy sal met pyn kinders hê.
Na jou man sal jy smag,
maar oor jou het hy mag. (Gen 3:16)

Adam, omdat jy jou eie eer soek,
is die aarde deur jou toedoen vervloek.
Net deur harde werk sal jy eet,
jou einde is stof, moet jy weet. (Gen 3:17-18)

God het vir hulle velklere gemaak
en die toegang tot Eden bewaak.
Hulle is weggehou van die boom van die lewe…
Sou God, uit genade, hulle vergewe? (Gen 3:20-24)

Kain en Abel:
Dood is nie meer ‘n fabel.
Set:
Wys dat God genade het!

Deur Lasarus se siekte sal julle God se heerlikheid sien
en Jesus sal daardeur die eer van die mense verdien. (Joh 11:4)
Wie in My glo, sal lewe, selfs as hy sterwe.
As jy dit glo sal jy die ewige lewe beërwe: (Joh 11:25-26)

Die wat glo sien die heerlikheid van die Heer, (Joh 11:40)
Lasarus kom uit! En hy lewe toe weer…
Ek is die weg na die boom van die lewe,
net deur My sal die Vader jou vergewe. (Joh 14:6)

Efese kry ‘n waarskuwing wat my laat bewe,
met ‘n belofte: Kom na die Boom van die lewe. (Op 2:1-7)
Skoon wit klere wys ek is vergewe.
en mag eet van die boom van die lewe! (Op 22:14)