Die beeld van God

Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens
as ons verteenwoordiger, ons beeld, is My wens,
sodat hy kan heers oor die vis in die see,
die voëls in die lug, en die diere daarmee.” (Gen 1:26-27, Ps 8:4-9)

As Sy beeld moet ons reflekteer
hoe lyk God se heerlikheid en eer.
Sodat ander mense Hom kan sien
en lus word om Hom ook te dien… (Ps 8:4-10)

Die mens bly verbode vrug begeer
en wil van alle kennis leer. (Gen 3:4-5)
So sondig hulle teen hul Heer.
en reflekteer Sy beeld nie meer. (Rom 3:23)

Hy moes sy Seun toe stuur,
om pyn en smart te verduur.
Ja, Hy, die ware beeld van die Heer,
om sondaar mense te bekeer. (Kol 1:15, Fil 2:6-8)

O God, ek bly ook die verkeerde begeer
ja, ek vertoon U beeld glad nie meer… (II Kor 4:4)
Here werk so in my, deur U Gees,
dat ek meer en meer soos U kan wees! (Rom 8:28-30, II Kor 3:15-18)

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading