By jou Verlosser se voete

“Ek soek vir jou ‘n heenkome waar dit goed sal gaan:
Was jou, maak jou mooi, en trek netjies aan.
Jy moet by jou losser se voete gaan lê
wat jy dan moet doen, sal hy vir jou sê.” (Rut 3:1-5)

Het jy al by jou Verlosser se voete gaan lê?
Hoor jy wat Hy in Sy Woord vir jou sê? (Luk 10:38-42)

Verbaas het hy haar by sy voete gewaar:
“Wie is jy en wat maak jy daar?”
“Ek is van U afhanklik – ek is nie sterk,
beskerm my – neem my onder u vlerk.” (Rut 3:6-9)

Jou Verlosser het jou by Sy voete gewaar –
het jy al jou afhanklikheid van Hom verklaar? (Mat 5:3)

“Ek wens die Here se seën vir jou,
almal weet jy is ‘n deugsame vrou.
So seker as die Here leef
as losser sal ek my begeef.” (Rut 3:10-13)

Jou Verlosser beloof jou wat lê voor –
het jy al Sy beloftes vir jóú gehoor? (Heb 10:23)
Sy het die geskenk op haar skouers getel
en vir haar skoonma alles gaan vertel.
“Wag maar en kyk wat gaan gebeur
ja, wag op die vervulling van jou heer.” (Rut 3:14-18)

Met sy sagte juk op jou skouer moet jy ander leer:
Wag geduldig op die vervulling van jou Heer! (Ps 130:5, Ps 37:3-5)


Posted

in

by

Tags:

Comments

Leave a Reply