As telekommunikase daal,
beteken dit ons gaan faal?
Ons besigheid is daarop gebou…
Gaan ons voorspoed bly behou?
As ons bid, o God, gee ag,
want vir U het ons ontsag!
Selfs al is dit net u fluister,
sal ons na U boodskap luister.
Deur geslagte is ons verbind.
Deur U Seun is ons U kind.
Ja, U is ons enigste Heer.
Ons wil alles doen tot U eer.
Omdat ons op U vertrou,
gaan ons voort en bou.
Ja, ons versterk ons muur,
al moet ons teenstand verduur.
Vir ons voel dit nie soos waag,
want met U hulp sal ons slaag!
Ons beplan met ons verstand,
maar bely dis als net in U hand.
As ons dan sukses wil meet,
is eintlik al wat ons moet weet:
U is die een wat als regeer –
Alles gaan net oor U eer!
Leave a Reply