Hierop wil ek eerste aandring:
Jy moet smeking,
voorbidding,
en danksegging
vir alle mense bring. (I Tim 2:1)
Tweedens bid ook vir die met gesag en wat regeer,
sodat ons rustig en stil in toewyding God kan eer,
want God, ons Verlosser, het die begeerte in Hom
dat alle mense tot die kennis van die waarheid kom. (I Tim 2:1-4)
Die waarheid: Daar is immers net een God
en net een Middelaar die tussen mens en God:
Jesus, die mens, het Hom as losprys vir almal gegee.
en op die bestemde tyd bring dit die bedoeling van God mee. (I Tim 2:5-6)
Daar is net een God, die Vader,
uit wie alles is en vir wie ons lewe.
Daar is net een Christus, deur wie ons God nader,
deur wie alles bestaan en deur wie ons lewe (I Kor 8:6).
Met die oog hierop is ek as prediker aangestel
om diƩ waarheid aan heidennasies te vertel. (I Tim 2:7)
As julle manne by die plek van samekoms is
en sonder ‘n getwis, ‘n skoon gewete het,
maar ook op elke ander plek waar julle is, (I Tim 2:8, 1953)
moet julle julle hande tot God ophef in gebed. (I Tim 2:2:8)
In ‘n vrou se kleredrag en versiering moet mens sien
hoe lyk ‘n vrou wat openlik bely dat sy God dien.
As sy maar volhard in geloof, liefde en ‘n heilige lewe,
bring moederskap vir haar redding en ‘n ewige lewe. (I Tim 2:9-15)
Mans, gee deur eer, vir jou vrou ‘n veilige hawe,
want julle deel saam in die lewe as genadegawe.
Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle pla, (I Pet 3:7)
want gebede vir alle mense is wat ek vra. (I Tim 2:1)