Die Here het hul beskut met ‘n wolk in die dag
en lig gegee met vuur in die nag.
Met brood uit die hemel is hul versadig
en met water uit ‘n rots begenadig. (Ps 105:39-41)
Deur die woestyn kon hulle op Hom vertrou
want Hy het sy beloftes gehou.
Geen volk kon die inname keer,
doen daarom Sy wil en prys die Heer. (Ps 105:44-45)
In jou woestyntog moet jy ook onthou:
God is aan sy beloftes getrou.
Hy sal jou vat na die beloofde land:
Hou uit dankbaarheid sy gebooie in stand!
Leave a Reply