As ‘n mens sterf, sal hy weer lewe?

Toe het Job weer gepraat:
Dink julle net julle het raad? (Job 12:1-2)

Vra eerder die diere om julle te leer,
die voëls om te vertel van die Heer.
Hulle weet God het alles gemaak,
dié wysheid kom soos jy ouer raak. (Job 12:7-12)

By God is wysheid en krag,
by Hom is raad, insig en mag. (Job 12:13)

Wat Hy afbreek nou,
kan niemand weer bou.
Is vang sy daad,
kan niemand vrylaat. (Job 12:14)

As Hy die water terughou,
verdroog alles sommer gou,
as Hy dit laat losbreek,
word sonde gewreek. (Job 12:15)

Hy maak van regeerders gekke
en vat konings deur slawehekke.
Hy laat die betroubares stilbly
en laat die sterkes nie mag kry. (Job 12: 16-21)

Hy maak donker plekke lig.
Hy maak nasies groot deur sy hand
wat Hy dan weer vernietig,
en ontneem leiers hulle verstand. (Job 12:13-25)

Hou op om vir my leuens te vertel –
Ek wil eerder my saak vir God stel.
Julle beroep op die voorgeslag is wind
ware antwoorde is net by God te vind. (Job 13:1-12)

Julle moet ophou om my te vertel,
Ek wil liewer my saak aan God stel. (Job 13:13-19)

Ek wil nie wegkruip nie, eerder versoen,
U, my God, moet twee dinge vir my doen:
Neem U straf van my af weg,
moenie dat ek skrik vir U reg. (Job 13:20-21)

Hoeveel misdade het ek begaan?
Laat ek my oortredings verstaan.
Kom u agter ‘n verwaaide blaar aan?
Ek is besig om te verrot en vergaan… (Job 13:20-28)

Die mens se lewe is kort en beperk:
‘n Blom wat skaars oopgaan,
‘n skaduwee wat verbygaan,
‘n huurling met ‘n paar dae se werk. (Job 14:1-6)

U moet my liewer in die doderyk hou
en na U vasgestelde tyd weer onthou:
As ‘n mens sterf, sal hy weer lewe?
dan sal my moed my nie meer begewe! (Job 14:13-14)

Dan sou U roep en ek my antwoord deel.
Dan sou U, U maaksel weer wou sien
en nie die straf gee wat ek verdien,
maar al my sonde in ‘n sak verseël! (Job 14:15-17)

My liewe vriend en verwaaide blaar,
wat so worstel in hierdie lewensjaar.
As jy moed jou weer wil begewe:
Onthou: As jy sterf gaan jy ewig lewe!