Raak jy moedeloos in jou taak?
Dink jy God sien jou nie meer raak? (Jes 40:27)
Voel dit of jy net verloor?
Het jy dan nog nie gehoor: (Jes 40:28)
Die Here is van ewig af daar.
Hy skep in sewe dae klaar.
Moegheid raak Hom nie aan.
Sy insig kan jy nie verstaan! (Jes 40:18-29)
So kry arendskind hul vlieg se les:
Ma arend skop hul uit die nes!
Vladderend val hul na benede,
angsbevange oor die krisis in die hede.
Met groot vlerke oopgesprei,
kyk ma arend of hule dit reg kan kry.
As hulle te erg tuimel van die bang,
kom sy onder hul in om hul te vang.
Soos ‘n arend sy kuikens op vlerke dra,
netso sal Hy jou leer as jy Hom vra. (Deut 32:11-12)
Hy gee die vermoeides krag,
Hy versterk diƩ wat op Hom wag.
Hulle word nie moeg gewerk,
want hulle vlieg met arendsvlerk. (Jes 40:30-31)
Die draak wou haar verslind,
Die vrou, met die verlosser Kind.
Ja, die vrou, simbool van die kerk,
kon wegvlieg met sterk arendsvlerk. (Op 12:13-14)
Raak jy moedeloos in jou taak?
Dink jy God sien jou nie meer raak? (Jes 40:27)
Weet dan God is besig om jou vlerke te versterk,
om staande te bly teen Satan se werk.