Annette is weg

Annette is weg…
Lees ek reg?

Soos ‘n beskermde ma hen
het sy kinders vir God gewen.
Vele kuikens onder haar vlerk,
in haar gemeenskap en kerk.

Annette is weg,
dis vreeslik sleg.

By die werk, vir Jone, ‘n anker vrou,
wat in Clover storms almal kalm kon hou.
Op wie se werk uitset jy kon vertrou,
met liefde en deernis net vir jou.

‘n Dienende kneg,
Annette, is weg.

Jofie, ek weet dat dit jou skud,
want julle het so saam gebid.
Dogters, ek weet julle probeer verstaan
hoe julle sonder haar aan kan gaan…

Dis vreeslik sleg:
Annette is weg!

Maar Anette wil dat ons hoor
hoe pragtig sing ‘n engele koor.
Sy wil dat ons kan berus
omdat sy op ‘n beter plek is.

Gees kom heg
Anette is weg…

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading