Amos

Amos, die eenvoudige herder val in die pad
God het hom gestuur na die sondige stad…

God gaan straf (Amos 1-3).
Ek gaan hul strooi soos kaf
Ja, verseker gaan Ek straf!

Hule verkoop onskuldiges kaal,
arm mense vir ‘n paar sandaal.
hulle trap en gooi swakkes neer
en veronreg dié wat nie kan keer.

Pa en seun kuier by dieselfde vrou.
Waar is my heilige Naam dan nou?
Langs elke altaar strek hulle uit
op klere wat hul pand en buit.
In die tempel drink hul wyn
ingesamel uit ander se pyn.

Amos, die boerprofeet, spreek oordeel uit (Amos 4).
Ek stuur hongersnood,
julle was sonder brood.
Maar so, sê die Heer:
Julle het julle nie bekeer!

Ek het dit nie laat reën
en jul nie met ‘n oes geseën.
Maar so, sê die Heer:
Julle het julle nie bekeer!

Ek het brandkoring gestuur
en jul moes sprinkane verduur.
Maar so, sê die Heer:
Julle het julle nie bekeer!

Ek het die vyand gestuur te perd.
Julle lewens was niks meer werd.
Maar so, sê die Heer:
Julle het julle nie bekeer!

Ek het jul soos hout geruk,
ja, uit die vuur gepluk.
Maar so, sê die Heer:
Julle het julle nie bekeer!

Vol van hierdie pyn,
sal jy voor My verskyn.
Jy moet nog leer
wie is die Heer:

Hy wat berge vorm en die wind maak,
Hy deur wie gedagtes bekend raak,
Hy wat die dagbreek donker maak,
Hy wat alles bekragtig,
sy Naam is Here, almagtig!

Wat God eintlik wil hê (Amos 5-8)?
As julle nou voor My begin bewe
en vra na My wil, sal julle lewe!

Ek verafsku julle fees,
al bring julle My ‘n bees.
Ek verafsku jul gesing
en die valsheid wat jul bring.

Verander jul bose weg
en lewe eerder reg!

Hoopvolle beloftes (Amos 9).
Ek sal Dawid se vervalle hut
se murasies bou en beskut.
Sodra hul My weer onthou,
sal ek hul stede herbou.

Ek en jy?
Ook vir my en jou is die boodskap hier:
Godsdiens is nie ‘n gewoonte of kultuur.
Hou op om jouself met tradisie te verkul.
Ware godsdiens is ‘n soeke na Sý wil!

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading