Agterstevoor

O God, ek is aan die verloor?
Hoekom voel alles agterstevoor?
My kind, Ek doen dinge so,
want dit gaan alles oor glo.

Party is voor,
maar gaan verloor. (Mat 19:30)
Ander dink baie van hulself,
maar gaan die onderspit delf. (Mat 23:12)

Die weduwee het net twee munstukkies ingegooi,
maar vir my was niemand se offergawe so mooi! (Mark 12:42-43)
Gideon moes in vertroue staan
dat Ek die oormag verslaan. (Rig 7:21-22)

Ek het jou gebed verhoor,
doen dit nou agterstevoor:

Is jou dagtake hopeloos te veel,
moet jy jou eerste uur met My deel.
Bring die eerste tiende wat jy verdien
as jy my seëninge wil sien. (Mal 3:10)

Jy moet eers in afhanklikheid staan
voor jy na al die plekke toe gaan.
Jy moet jouself eers weer verloor,
eers dan kom jy weer voor…

Jy het moes die ewige dood beërf,
maar My Seun het vir joú gesterf!
Party probeer die ewige lewe verdien,
maar as jy dít net glo, sal jy My sien!