Agt: Geen diefstal

As iemand ‘n dief is, moet hy ophou steel.
Deur harde werk moet hy geld verdien
dat hy in sy lewensonderhoud voorsien,
dan kan hy ook met die armes deel. (Ef 4:28)

Pasop as jy te veel wil kry,
word jy in versoeking gelei.
Vlug liewer daarvan weg
en leef in toewyding God se weg. (I Tim 6:9-11)

Jy kan vandag die laaste asem uitblaas…
Kan jy nie sien jou gejaag is dwaas?
Dit help nie dat al die skatte so pryk
en by God is jy nie ryk. (Luk 12:20-21)

Rentmeester, let mooi op:
Die aarde en alles daarop,
die see en alles daarin,
ja, alles is die Here sin. (Ps 24:1).

Oor twee munstukke was jy getrou,
kom deel in My vreugde nou.
Die een munstuk het jy begraaf:
Jy is ‘n slegte en lui slaaf! (Mat 25:23-26)

Maar waarvan beroof ons U?
Julle bring nie julle tiendes nie!
Kan Ek die hemel vensters oopmaak? Toets My
en kyk wat se seën wat jy dan kry… (Mal 3:8)

Onthou: God weet
as jou skaal so verkeerd meet… (Spr 11:1)
As jy meer vat as jou deel
is jy ook besig om te steel. (Luk 3:12-14)

Wie het die reg om by U te woon?
Hy wat hom nie laat omkoop vir loon,
wat sy woord hou al lei hy skade.
Ja, wie die agste gebod wys in dade! (Ps 15:1,5)


Posted

in

by

Tags:

Comments

Leave a Reply