Die Here het vir Abram gesê:
“Trek na die land wat ek wil hê.
Jou nageslag sal Ek ’n groot nasie laat raak.
Ek sal jou ’n man van groot betekenis maak.” (Gen 12:1-3)
Abram was gehoorsaam aan die Heer (Gen 12:14)
en in die beloofde land geoffer tot Sy eer. (Gen 12:8)
Ook jy het deel aan Sy belofte vir ’n land
en beloftes van seëninge uit God se hand.
Is jy in gehoorsaamheid oppad na jou Heer?
Is jy besig om Hom elke dag met offers te eer? (Ps 105:1-8)
God wou jou ongehoorsaamheid wreek
maar deur Christus is jy vrygespreek! (Rom 5:19)
As jy Sy beloftes verstaan:
Loof die Here, roep Hom aan! (Ps 105:1)
Leave a Reply