Here ek gaan kinderloos sterf,
’n slaaf gaan my besittings erf. (Gen 15:2,3)
Die Here het hom buitentoe laat gaan
Abraham, dít is wat jy moet verstaan:
Jou nageslag so baie soos die sterre daarbo,
dit is die belofte waarin jy moet glo. (Gen 15:5)
Abraham glo toe daardie teken
en dis hom tot geregtigheid gereken. (Gen 15:6, Rom 4:3, 1953, Heb 11:11-12)
Abraham se vryspraak is ook vir jou opgeteken
sodat jy verstaan wat Jesus se opstanding beteken:
As jy ook heelhartig in God se beloftes glo,
is jy een van Sy kinders, soos sterre daarbo! (Rom 4:23-25)