Vir Abraham was dit so:
Hy is gered want hy het geglo. (Rom 4:3, Gen 15:6)
Maar Abraham was besny –
het hy dit nie daarvan gekry? (Rom 4:9-10)
Nee, in Genesis vyftien het hy vryspraak gekry
en hy is eers in Genesis sewentien besny.
Die besnydenis is slegs ‘n teken
dat God Hom regverdig reken. (Rom 4:11)
Hy is dus die geestelike vader
van almat wat in geloof nader.
Dié kindskap kan jy nie deur besnydenis kry,
maar vir almal wat glo, al is hulle nie besny. (Rom 4:11-12)
Maar is dit nie deur die hou van die wet
dat Abraham vryspraak gekry het?
Nee, jy moet die volk se geskiedenis verstaan:
Moses het vyfhonderd jaar later die berg opgegaan. (Rom 4:13)
As mens deur wetsonderhouding vryspraak kon vermag,
sou die geloof sy betekenis verloor en die belofte sy krag. (Rom 4:14)
Die wet bring straf vir die sondige geslag,
daarom is geloof uit genade so groot krag. (Rom 4:15-16)
God laat dinge deur sy woord ontstaan
en Hy wat mense uit die dood op laat staan,
Hý het Abraham die vader van baie nasies gemaak,
maar jy kan net deur geloof deel daarvan raak. (Rom 4:16-17)
“Vader van baie nasies” het die belofte gelees
Abraham het bly glo: So sál sy nageslag wees,
al was sy liggaam gedaan op honderd jaar
en Sara te oud om kinders te baar. (Rom 4:18-20)
Hy het nie begin twyfel in wat God beloof,
maar Hom geëer en in vetroue geloof.
Hy was ten volle oortuig van God se mag,
met die wete: God se beloftes bly van krag! (Rom 4:20-21)
Abraham is dus vrygespreek omdat hy glo
en vir jou en my werk dit ook so.
Jy moet daarom mooi verstaan
wat in God se belofte staan: (Rom 4:22-24)
Jesus Christus is vanweë ons sonde dood gemaak
en sy opstanding bring vir ons die vryspraak.
Jy moet in volle vertroue in dié belofte glo,
dan deel jy in die Abraham familie daarbo. (Rom 4:24-25)
Leave a Reply