Dertig jaar getroud
(losweg berym op Spreuke 31)
‘n Vrou vir my vir dertig jaar geleen –
knap en meer werd as edelsteen!
Ek steun op haar by die kerk,
en pluk haar vrugte by my werk. (Spr 31:10-11)
Sy maak mooi lappies bymekaar
en stik mooi klere aanmekaar
Voor almal se dag nog begin,
maak sy kosblikkies vir die gesin. (Spr 31:14-15)
Haar hande staan vir niks terug:
Dit klop en genees kinder longe,
dit ondersteun akrobaat spronge,
dit bid aanhoudend vir God se lig. (Spr 31:17)
Sy het ‘n oop hand vir die wat sukkel,
sy kan in behoeftiges se hart inwikkel.
By ‘n begrafnis se vreeslike seer,
ondersteun sy weer en weer… (Spr 3120
Oor haar gesin is sy gerus as die winter begin –
almal het warm klere en is in hulle onezees in.
Nuwe beddegoed as dit bleek begin raak,
selfs matrassies uit kussings gemaak. (Spr 31:21-22)
Haar man is welbekend by die kerk,
waar hy as leier en ouderling werk,
maar háár voorbeeld het Hom na die Here gelei,
deur háár het hy geleer wat gebed reg kan kry. (Spr 31:23)
Alles aan haar spreek in werklikheid
van ‘n sterk en edel persoonlikheid.
As sy praat, is dit met wysheid.
As sy lei, kom die liefde uit. (Spr 31:25-26)
Sy is gereeld in die gym, kan mens sien,
‘n lyfie deur harde werk verdien.
Maar nog mooier om van haar te sien:
‘n Geestelike fiksheid van die Here dien. (Spr 31:30)
Haar kinders prys haar,
haar man bewonder haar:
Jy oortref alle ander vrou,
ons is so lief vir jou! (Spr 31:28-29)
Leave a Reply