Moenie jou ontstel nie, glo in My en weet:
Ek maak vir jou ‘n woonplek gereed. (Joh 14:1-2)
Hoe kan ons die weg daarheen ken?
Hoe kan ons toegang tot die woonplek wen?
Ek is die weg, die waarheid en die lewe:
Net deur My word jy toegang gegewe. (Joh 14:5-6)
Neem aan wat ek jou sê:
Kennis en wysheid moet jy hê.
Dan sal jy teen verkeerde kan stry
en op die regte paaie bly! (Spr 2:9-13)
Hoe sal ons tot die einde kan wen?
Ek stuur ‘n Voorspraak om by julle te wees:
Een van waarheid, ja die Heilige Gees.
Hy sal by julle bly en julle sal Hom ken. (Joh 14:16-17)
Die Gees sal julle alles leer
en herinner: Ek kom weer! (Joh 14:26-28)