Ek sal die Farao in opstand laat kom,
sodat ek My mag kan wys deur hom. (Rom 9:17)
Farao, deur wat nou gaan gebeur,
sal jy weet wie is die Heer.
As ek met die kierie gaan slaan,
sal die Nyl se water uit bloed bestaan. (Eks 7:17)
Farao het hom verset
en die volk se trek belet. (Ek 7:32)
God het met paddas Sy mag gewys:
Dit het gewemel tot in die paleis! (Eks 8:1-6)
Bid tot jou God om die plaag af te weer.
U weet daar is geen God soos die Heer! (Eks 8:8-10)
Al het die Farao verstaan,
het hy nie die volk laat gaan. (Eks 8:15)
So baie soos die stof en sand,
was die muggies in die land.
Die towenaars het daaroor verklaar:
Ons het die vinger van God gewaar! (Eks 8:17-19)
Farao het steeds koppig gebly
“Julle kan nie gaan nie!”, sê hy.
Egipte is lam gelê deur die steekvliegswerm,
maar God het Israel daarteen beskerm. (Eks 8:20-24)
Ek kan nie langer hierteen stry:
Gaan offer en bid vir my! (Eks 8:28)
Tog het die Farao ook hierdie keer
hom nie tot God bekeer… (Eks 8:12)
Perde, kamele, beeste en kleinvee is geraak:
Die pes het hulle almal doodgemaak!
Die mense het aan Farao vertel:
Geen dier is dood van Israel! (Eks 9:2-7)
Farao het steeds onversetlik gebly
en die volk van God nie bevry. (Eks 9:7)
Moses het roet van ‘n oond opgegooi
en so swere oor Egipte verstrooi.
Die etter het aanhoudend uitgekom
en selfs die towenaars was verstom. (Eks 9:10-11)
Al kon Farao nie oor God se almag stry,
het die Here hom koppig laat bly. (Eks 9:11)
Ek het jou My mag gewys,
dat die wêreld My kan prys! (Eks 9:16)
Die hael en blitse het alles platgeslaan:
Niks wat buite was het bly staan. (Eks 9:25)
Weer kan mens die koppigheid nie verstaan,
want Farao het steeds die volk nie laat gaan.
Julle moet julle kinders van die wonders leer,
dat hulle kan besef: Ek is die Heer! (Eks 10:2)
Die sprinkane het elke groen sprietjie geëet
Vergewe my: Julle God is Here, ek weet! (Eks 10:17)
Maar die Here het nog ‘n keer
die Farao die trek laat keer. (Eks 10:20)
Vir drie dae was dit donker gewees.
Niemand kon iets sien of lees.
Maar daar waar die Israeliete bly,
het hulle steeds die lig gekry!
(Eks 10:22-23)
Vir die negende keer
wou Farao nie leer… (Eks 10:27)
Hierdie verhaal vra vir jou vrae:
Is God in jou lewe al by nege plae?
Het jy al iets uit Sy wonders geleer?
Besef jy al Hy is die enigste Heer?
Of gaan jou nog ‘n keer
jou nie tot Hom bekeer?
Wil jy net nie weet?
Of het jy dalk vergeet?
Smeer Sy bloed aan jou kosyn,
anders deel jy in dood en pyn!
As God dan die laaste plae bring
sal jy ook die lied van die Lam kan sing:
Groot en wonderlik is U werke
Here God, U almag het geen perke! (Op 15:3, 1953)
Leave a Reply