Ons was weer die afgelope twee weke in Zimbabwe – aan God die eer! Ek doen die terugvoer na aanleiding van Psalm 119 wat ek ook daar gebruik het toe ek op kort kennisgewing ‘n boodskap moes bring warvoor ek net 2 ure gehad het om voor te berei.
Hoe lief het ek u wet – die hele dag dink ek daaroor na (Psalm 119:97).
Kort nadat Moses die wet vir die volk voorgelees het, kry ons die woorde:
2 Dink aan die hele pad waarlangs die Here jou God jou hierdie veertig jaar in die woestyn gelei het om jou nederig te maak, om jou te toets, om uit te vind wat in jou hart leef: Sou jy sy gebooie nakom of nie? 3 Hy het jou nederig gemaak, jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy nie geken het nie en jou voorouers ook nie geken het nie, sodat Hy jou kon laat verstaan dat die mens nie van brood alleen sal leef nie, maar dat die mens leef van elke uitspraak uit die mond van die Here. (Deut 8:2-3).

Na vorige pogings om ‘n oorsig oor die Ou Testament aan te bied, kan ons werklik die Here dank vir hoe ons deur die Gees gelei is na ‘n kursus wat nou baie goed werk.
Besig om te toets… sal later klaarmaak