MEER ONLANGSE KURSUSSE
Die kern van ons bediening gaan oor die verkondiging van die Evangelie en dit fokus op die eer van God.
Ons verkies om in persoon opleiding te doen, so die fokus is nie om ‘n klomp opleidings materiaal te genereer en op die website te sit nie. Soos wat van die opleiding in ‘n sinvolle kursus met materiaal ontwikkel, plaas ons dit wel hier sodat dit wyer benut kan word. Die hoof gedagte is dat die wat reeds opleiding ontvang het, wel weer die inligting kan bekom om dit weer te her benut om iemand ander mee op te lei.
Ons opleiding fokus op oorsigtelike werk byvoorbeeld, ‘n Oorsig oor die Ou Testament of Nuwe Testament. ‘n Oorsig oor die Evanglies oof Bybelboek oorsigte. Die ander been van die opleiding is om ontdekkings Bybelstudie opleiding te doen as ons ‘n nuwe plekke begin opleiding doen.
“Hier by jou is die woord, in jou mond en in jou hart” – dit is die woord van geloof wat ons verkondig. Want as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en jy glo met jou hart dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy verlos word. (Rom 10:8-9).
Die doel van die opleiding is dat dit herhaalbaar moet wees deur die ontvanger sodat dit verder kan versprei. Omdat ons baie in Afrika werk, het ons dus in die laaste paar jaar weg beweeg van Powerpoint tipe opleiding na boekies en uitdeelstukkies wat gebruik kan word in areas waar elektrisiteit nie beskikbaar is nie. Die kursusse begin dus gewoonlik in Engels en as die geleentheid homself voordoen, vertaal ons dit in Afrikaans en doen dan ook opleiding in Afrikaans.
In Zimbabwe wissel die bywoning tussen so 50 en 70 mense op ‘n slag. In Suid-Afrika is dit gewoonlik so 30. As ons egter 5 mense bymekaar kan kry, doen ons opleiding. So, as die materiaal jou aanraak en jy opleiding in persoon vir jou gesin, familie, vriendekring of kerk wil reël, kontak ons gerus.
Ons verkies om herhaaldelik na dieselfde plek toe te gaan. So bou ons verhoudings ek kan ons deur middel van opleiding en gesprekke tydens daardie tye saam, genoeg sout strooi sodat die mense dors word en self in ‘n roetine van daaglikse Bybel lees ingaan om hulle dors te les. Dit is wanneer mense in die Woord is, dat die Gees in hulle werk en hulle verander in fonteine van lewende water wat oorvloei na almal om hulle wat ook dors is.
Hoe kan hulle Hom dan aanroep, as hulle nie tot geloof in Hom gekom het nie? En hoe kan hulle in iemand glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder iemand wat dit verkondig? En hoe kan hulle dit verkondig as hulle nie gestuur word nie? Soos daar geskryf staan: “Hoe lieflik is die voetstappe van diegene wat die goeie boodskap verkondig!” (Rom 10:14-15).
Tydens Covid het ons wel ‘n klompie opnames gemaak wat saamgestel was vir elekroniese verspreiding in video formaat. Alhoewel dit nie ons fokus is nie, het dit wel sy doel gedien op daardie stadium. Dit is dan ook nog hier beskikbaar.
VIDEO REEKSE UIT DIE COVID TYDPERK






