GEDIGTE UIT I II THESSALONISENSE

‘n Heilige lewe in die lig van die wederkoms (I Thessalonisense oorsig)

Die wil van God is dat jy heilig moet wees ( I Thes 4:3)
anders verwerp jy God en die Heilige Gees. (I Thes 4:8)
Ja, jy moet rustig lewe,
met jou eie sake jou strewe. ( I Thes 4:11)

Ek wil julle leer wat met ontslapenes gebeur,
sodat julle nie sonder hoop sal treur. (I Thes 4:13)
Jesus se sterwe kan jy net verstaan,
as jy ook glo Hy het opgestaan. (I Thes 4:14)

As julle die wederkoms trompette hoor, ( I Thes 4:16)
is julle die ontslapenes glad nie voor. ( I Thes 4:15)
Dié wat in Christus die dood kon ingaan
sal eerste weer daaruit op kan staan. (I Thes 4:17)
Die Here self sal uit die hemel daal
en die lewendes en dooies kom haal. (I Thes 4:17)

Onverwags kom die Here se dag
Ja, soos ‘n dief in donker nag. (I Thes 5:2)
As jy sê: “Alles is rustig en veilig nou”,
wag daar pyne soos vir ‘n swanger vrou. (I Thes 5:3)

Maar julle is mense van die lig
met geen duisternis in sig. (I Thes 5:5)
Wat Christus se verlossing vra,
is dat jy geloof en liefde dra. (I Thes 5:8)

Leef in vrede met mekaar.
Moenie kwaad wil vergoed.
Gee kleinmoediges moed.
en help die swakkes daar. (I Thes 5:13-18).

Bly ver weg,
van alles sleg (I Thes 5:22)
Julle moet nou dankbaar wees
en weerstaan nie die Heilige Gees. (I Thes 5:19).

Mag God se vrede julle raak
en julle aan Hom toegewyd maak,
dat julle onberispelik sal wees in Hom
wanneer Jesus Christus weer kom! (I Thes 5:23)

Die dag van die Here. (II Thessalonisense).

Hoe julle geloof en volharding nou lyk,
onder al die vervolging wat julle moet verduur,
is alles ‘n bewys van God se oordeelsuur,
Ja, Hy het julle geskik geag het vir sy koninkryk. (II Thes 1:4-5)

Nee, die dag van die Here is nog nie hier:
Die wettelose mens moet eers verskyn.
Hy is bestem vir die verderf en pyn,
maar hy sal voorgee hy is van God gestuur. (II Thes 2:1-4)

Maar wanneer die Here Jesus kom,
verdelg Hy hom met ‘n asemteug.
Net sy glans sal hom wegveeg! (II Thes 2:8)
Elke mond sal dan verstom. (Hand 13:41)

Die wettelose mens: ‘n magsvertoon. (II Thes 2:9)
Hy mislei die ongelowiges daarmee. (II Thes 2:10)
God het hulle aan die dwaling oorgegee, (II Thes 2:11)
Sy oordeel is daarom hulle loon. (II Thes 2:12)

Die Here se liefde werk nou so:
Julle uitverkiesing is die groot wonder,
julle is deur die Gees vir Hom afgesonder
deurdat julle die waarheid glo. (II Thes 2:13)

PDF DIGBUDEL: I II THESSALONISENSE

Jy kan hierdie gedigte in PDF aflaai.

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading