Kos en water

Deur die barre woestyn trek die volk
onder die beskerming van die wolk.
Die pad is hard, warm en swaar.
Hul kos en water was gou al klaar.

In Egipte was daar vleispotte en koring gerf –
nou gaan ons van honger in die woestyn sterf! (Eks 16:2-3)
Môre sal julle die heerlikheid van die Here sien
met kos uit die hemel wat julle nie verdien. (Eks 16:7, 1953)

Die aand het kwartels in die kamp kom sit
en die oggend manna, soos die ryp se wit. (Eks 16:13-14)
Elke dag kon hulle net genoeg vir ‘n dag vergaar,
maar op die sesde dag moes hulle dubbeld opgaar. (Eks 16:4-5)

Toe die volk dors word, verwyt hul hom:
Waarom moet ons van dors omkom? (Ek 17:3)
Elke droë mond het hier verstom:
God het water uit ‘n rots laat kom! (Eks 17:6)

As ek so deur die woestyntog swoeg,
voel ek so honger, dors en moeg…
In sulke tye wil my eie begeertes my dryf
Dis hoekom U die verhaal vir mý ook skryf! (I Kor 10:1-6)

U is die Brood wat lewe gee,
voed U my elke dag daarmee. (Joh 6:35,51)
Ek vra dat U die Heilige Gees sal skink
dat ek die lewende water kan drink. (Joh 7:37-39)

Jesus sê vir jou: Ek wil hê jy moet weet,
wie My bloed drink en My liggaam eet
sal op die laaste dag opstaan
en vir ewig na die My toe gaan! (Joh 6:53-54)

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading