Stamseloorplanting

Vir die dokter ‘n vraag:
Iets hier binne knaag?
“Bloedkanker verteer,
geen witbloedselle meer…”

Die “gesonde” mense is aan die jaag
die druk van die lewe knaag.
soos kanker word almal verteer
Niks oor om Satan te keer…

Mevrou jy sal moet isoleer,
met chemo en nog meer.
‘n Stamseloorplanting sal wees
die enigste om weer te genees.

Jy, “gesonde”, moet jouself isoleer
en weer in die Bybel van my leer.
Jou oorplanting sal wees
‘n kliphart na een vol Gees.

Midde in die strawwe tyd
stuur sy ‘n boodskap uit:
“Die Here gee my hiervoor krag
op sy genesing sal ek wag.
Selfs die chemo maak nie naar,
oor alles is ek dankbaar.
Ek ervaar die Here se seën
deur hierdie proses heen.”

Jy, “gesonde”, met niks tyd
besin weer oor jou prioriteit.
Hou op planne maak in eie krag,
hou op jaag, en leer om te wag.
Begin die Here ervaar
en word weer dankbaar.
Die Here sal jou seën
deur hierdie proses heen.

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading