GEDIGTE IN GENESIS

Genesis

In Genesis een tot elf,
kan jy gerus maar delf.

Daar was vier oer gebeure:

Skepping, sondeval,
vloed en toringmal.

In die res van die boek
kan jy ook maar soek.

Daar was vier groot here:

Abraham, as volksvader geag.
Isak amper as lam geslag.
Jakob van bedrieg na eer.
Josef leer God in beheer.

Maar as jy die kern soek
van hierdie eerste boek:

Die God wat alles maak,
het betrokke geraak
en ‘n verbond gegee,
met beloftes daarmee:

Hy het beloof ‘n land
en kinders soos sand.
Vir die nasies tot seën,
deur Christus alleen!

SKAKELS NA DIE BLADSY MET DIE VOLGENDE EN VORIGE GEDITE BLADSY

ANDER PUBLIKASIES IN GENESIS