Water in wyn

My vreugde is aan die verdwyn,
soos ‘n bruilof sonder wyn…

“Hulle het nie meer wyn nie,” sê sy ma vir Hom.
“Waarom sê u dit vir My? My tyd het nog nie gekom.”
Daar het ses groot klipkanne gestaan
Hulle doel: reiniging moet jy verstaan. (Joh 2:1-4)

Water verander toe in die beste wyn.
Die seremoniemeester was verstom,
maar so het Jesus se heerlikheid geskyn
en sy dissipels het tot geloof in Hom gekom. (Joh 2:9-11)

As ek sien Hy kan water verander in wyn,
glo ek die belofte wat my sorge laat verdwyn:

U nooi my na die bruilofsmaal –
As skoongewaste bruid kom U my haal.
Help my om U wonder raak te sien:
Deur U bloed gereinig onverdien. (Op 19:7-18)

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading