Uittog

Sing liedere, sing tot Sy eer.
Dink aan die magtige dade van die Heer.
Leer van die wonders uit Sy hand:
Hy hou Sy verbond altyd in stand. (Ps 105:1-8)

God het sy volk in Egipte vergaar,
maar as slawe is hul verdruk toe daar.
Water in bloed en visse het gevrek
maar Farao wou hul nie laat trek. (Ps 105:24-29)

Plaag na plaag het die land geslaan
“Ek is die enigste God” moet jul verstaan.
Dood van eersgeborenes laat ouers in pyn,
maar net vir dié sonder bloed aan die kosyn…

Drink uit hierdie beker wyn
dis soos die bloed aan die kosyn.
Ek haal jou uit die sondeslawerny –
eet die brood en dink so aan My. (Luk 22:19-20)

Al het die volk getwyfel, het God sy volk nie beskaam:
Hy het hulle gered ter wille van die eer van sy Naam.
God het hulle droogvoets deur die Rooisee gebring:
Die volk het sy beloftes geglo en sy lof besing. (Ps 106:7-12)

Hierdie gebeure laat jou vandag nog verstaan
dat God met jou deur vuur en water gaan. (Ps 66:5-6, 10-12)
Voor die ontsagwekkende God moet jy buig
tot eer van Sy Naam moet jy juig. (Ps 66:1-4)

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading