Twee: Geen beeld van My

Pas op! Die lewe is vir julle op die spel.
Oor julle afgode gaan God die oordeel vel!
Moenie op diere, die son of maan vertrou –
God het dit alles gemaak, onthou. (Deut 4:15-19).

Met wie kan julle God dan vergelyk?
‘n Ambagsman giet ‘n beeld wat mooi lyk,
of kap hom uit hout wat nie vrot,
en so oortree hulle die tweede gebod. (Jes 40:18-20)

Weet julle dan nie hoe het alles onstaan?
In die hemelkoepel is God op sy troon
Dis soos ‘n tentdoek vir mense om in te woon.
Niemand is soos Hy, moet julle verstaan! (Jes 18:21-25)

In die plek van die heerlike onverganklike God,
stel hulle beelde van onverganklikes as god.
Daarom gee God hulle oor aan die drange van hul hart:
Onsedelike onreinheid en lus wat lei na baie smart. (Rom 1:23-24)

Jy moet eiesinnige godsdiens vermy:
Dit is net so erg as die bedrog van afgodery. (I Sam 15:23)
Maar dit is hoe jou godsdiens moet wees:
Ware aanbidding deur die Vader en Gees. (Joh 4:23-24).

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading