Titus oorsig: Die Evangelie en sy gevolg.

Jy moet God se genade besing:
Dít is wat die verlossing bring. (Titus 2:11)
Ja, onthou selfs in jou pyn:
God het in liefde vir mense verskyn. (Titus 3:4)

Ons het nie iets vir die vryspraak gedoen.
Nee, op grond van Sý ontferming is ons versoen. (Titus 3:5a)
Hy het Homself vir ons as offer gegee
en dit bring die sonde vergifnis mee. (Titus 2:14).

Deur die Heilige Gees gewas en weer gebore,
het ons nou ‘n nuwe lewe en is nie verlore! (Titus 3:5b)
Ja, die Heilige Gees staan ons by
om die ewige lewe te verkry. (Titus 3:6,7)

Dié Woord het aan alle mense verskyn
en jou daardeur met God versoen.
Dit bring jou dade so in lyn (Titus 2:11)
dat jy ywerig goeie dade wil doen. (Titus 2:14).

Maar vir die ongelowiges is niks rein.
Hulle gewete is besoedel en vol pyn.
Hulle gee voor dat hulle God ken,
maar jy kan dit nie in hulle werk herken. (Titus 1:15,16).

Onderwerp jou aan die owerheid se gesag (Titus 3:1)
(al laat hulle jou in ons land jou soms lag…)
Moenie bly rusie soek en kwaad praat,
doen eerder ‘n bedagsame daad. (Titus 3:2).

Jy moet hierdie dinge met nadruk getuig
en jou voor die betroubare Woord neerbuig.
Ja, dit is wat ek vir die gelowiges wens:
Dat hulle werk goed en nuttige is vir die mens. (Titus 3:7).

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading