Skepping en herskepping tot My eer

God se magtige skeppingsdaad
kom bloot deur net te praat (Gen 1)
Die hemel getuig van Sy mag,
die uitspandel besing Sy krag (Psalm 19:1-3)
Hy het die mens geskep tot Sy eer. (Gen 1:25-26, Jes 43:7)
Ja, alles is geskep vir en deur Jesus, ons Heer. (Kol 1:16)

     Satan het kom leer:
     Soek jou eie eer… (Rom 3:1-5)
     In die plek van die heerlike onverganklike God,
     stel die mens homself en beelde wat verrot… (Rom 1:21-23)
     Die dood het deur een mens, Adam, gekom
     en ons sterf ook weens ons vebondenheid aan hom.

Die opstanding het deur een Mens, Jesus, gekom
en so kry ek die ewige lewe deur Hom. (I Kor 15:20-22, Rom 5:15-19, I Pet 3:18)
Met dieselfde krag van Sy skeppingsdaad,
is niks na my wedergeboorte diesefde gelaat.
Die Heilige Gees het my kliphart omgekeer:
Nou wil ek uit dankbaarheid God prys en eer! (II Kor 3:18, 4:6)

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading