Noag het naby GOD geleef
en na regverdigheid gestreef.
—Korrup was die AARDE,
—vrede het nie meer waarde.
—- “Ek gaan alle mense VERDELG,
—-die wêreld met water verswelg”
——Gehoorsaam het hy ark ‘n geBOU
——om twee van alle diere te hou.
——–Noag en sy hele gesin
——–en die diere gaan toe IN.
———-Die weer het opgesteek
———-en FONTEINE het oopgebreek.
————WATERS het oor berge GESTYG.
————Drenkelinge het na asem gehyg.
————–GOD HET AAN NOAG GEDINK
————–en die wind nader gewink.
————God het die vensters toegemaak
————en die WATER het MINDER geraak.
———-Die duif vlieg jublend hoog
———-en Noag weet – als is DROOG!
——–Noag, sy kinders en bruid
——–en die diere gaan toe UIT.
——Dadelik BOU hy ‘n altaar
——en dank God: die vloed is klaar.
—-“So lank die aarde nog bestaan
—-sal dit nie weer met water VERGAAN”
—Die AARDE word geseën,
—dier word aan mens geleen.
GOD sluit ‘n verbond vir elke oog
en in die wolke verskyn sy boog.
on 8 Oct 2019
with
No Comments
Recent Posts
Memorize John 7 verse 38
If you want to learn more about John 7, Listen to Rivers of living water... Read More
Bybelstudie: Esegiël 35
Bybelstudie voorberei deur ds. Tinus Smidt Read More
Memorise John 6 verse 51
If this message touched you and you want to hear more of John 6, you... Read More
Gebed Filippense 1 vers 9 -11
O Vader, ek bid vanoggend Filippense een vers nege tot elfvir my, maar ook al... Read More
Leave a Reply